TOP TIEN SITKOMS

Hou jy van sitkoms? Ek ook.

Mense vra my altyd wat is my gunsteling sitkoms.

Vir die van julle wat nie weet wat ʼn sitkom is nie hier is ʼn paar punte om te verduidelik:

  • ʼn Humorististiese storie vertelling op TV
  • Dit is gemiddeld twintig minute lank
  • elke episode het meestal dieselfde karakters
  • sitcom is ʼn afkorting vir “situation comedy”

Vir my is daar net twee tipe sitkoms.

Daar is die RUSTIGE sitkoms. Met hierdie sitkoms kan jy rustig agteroor sit, ʼn dop vat en jouself oorgee aan die storielyn. In hierdie programme se episodes is daar gereeld humor, maar dis meer die storielyn met intriges wat ʼn ou volg. Hierdie programme was van die begin af opwindend en uniek maar laterhand raak dit maar ‘boring’ en herhalend.

  • The Middle
  • Two and a Half Men
  • Friends
  • Kings of Queens
  • Mike & Molly
  • Modern Family
  • Big Bang Theory

Dan is daar die VLYMSKERP sitkoms waar jy van die begin tot einde, van episode tot episode jouself stukkend lag. Herhaaldelik. Die karkters se mannewales ruk jou tot ʼn wêreld propvol humor.

Orkney Snork Nie wat handel oor die Van Tonder familie van Orkney se lewe en weë is ʼn goeie voorbeeld hiervan. Volgens my is hierdie sitkom die beste wat al in SA gemaak is. Elke episode lag jy sonder om jouself te help.

Oom Zack du Plessis was darem ʼn genius. Sy ander bekende TV-sitkom, Vetkoekpaleis was net so goed.

Hier is my TOP TIEN SITKOMS

  1. Orkney Snork Nie
  2. Vetkoekpaleis: Frikkadel is werkloos en begin toe saam sy eie eetplek. Saam met die blonde Boeboe wat skoonheidsterapie swot en Frikkadel se neef Worsie aan sy s y moet hulle die plek aan die gang hou.
  3. Frasier: Dit gaan oor ʼn bekende radio psigiater, Frasier Crane en sy jonger broer Niles, sy pa Martin (wat by Frasier bly) en Daphne Moon, Martin se versorger en sy hondjie Eddie, ʼn oulike Jack Russel hondjie wat Frasier vreeslik irriteer. Saam trosteer hulle die lewe in Seattle.
  4. CHEERS: Dit gaan oor ʼn klomp mense wat in ʼn kroeg met die naam Cheers uithang. Dit is ʼn voorgang reeks van Frasier. (Frasier verskyn ook as ʼn hoofkarakter)
  5. MY Family: Dit handel oor die Harper Family. Die Hoofkarakters is Ben Harper en sy vrou Susan. Ben werk as ʼn tandarts. Hy is nie juis gewild onder sy pasiente nie. Dan moet hy nog met sy kinders in ʼn huis saam leef. As jy daardie VLYMSKERP Britse humor soek, kyk dit.
  6. Wings: Twee broers bedryf saam ʼn sukkelende lugleërdery op die eiland Nantucket in Massachusetts, VSA! Saam met hul vriende wat ook by die lughawe werk is die humor aansteeklik.
  7. Fawlty Towers: Die briljante Britse veteraan akteur John Cleese speel Basil Fawlty, eienaar van die Fawlty Towers Hotel aan die Engelse-suidkus. Saam met sy vrou Sybil en hul werkers moet hulle met alles wat die hotel na hul kant toe gooi kan ‘cope’ en dan nog die hotel bestuur ook.
  8. Everybody Loves Raymond: Ray Barone is ʼn neurotiese sportskrywer wat net saam sy vrou en kinders ʼn lewe propeer maak. Maar ongelukkig vir hom bly sy familie net oorkant hom en hulle daag gedurig by hom op met hul probleme en saai dan verwoesting.
  9. Will & Grace: Will, ʼn formidabele prokereur en Grace, ʼn neurotiese binnehuidsversierder is nie net beste vriende nie, maar ook woonstelmaats. Saam met hulle vriende Jack en Karen vat hulle New York met alles wat hulle het aan. Die ‘one-liners’ uit die monde van Jack en Karen is besonders VLYMSKERP!
  10. Seinfeld: ʼn Sitkom gebasseer op die lewe van die komediant Jerry Steinfield. Hy speel ook die HOOFKARAKTER. Saam met hom en sy vriende ervaar jy die lewe in New York in die 90’s.

Kyk gerus na hierdie sitkoms. Veral die wat VLYMSKERP is. Maar moenie die RUSTIGE sitkoms afskeep nie. Alles behalwe. Google die programme as julle meer wil weet.

Lekker kyk!

Clive Cussler is ʼn meester van Avontuur

Hou jy van avontuur-verhale? Boeke vol versteekte skatte, verlore beskawings, klassieke karre, ou vliegtuie, duikbote met fantastiese tegnologie. Booswigte met donker fanatiese planne om die werêld te verander vir eie gewin?

Soek jy ʼn boek met drie-dimensionele karakters wat jou reg oor die aardbol neem om ‘mysteries’ op te klaar of met ʼn slymerige boef af te reken?

Dan stel ek waar jy lees ʼn Clive Cussler boek. Hy het al om en by oor die 80 geskryf. En dan is hy nog so aktief op 80. Al die aktiewe goed wat sy hoofkarakters in sy boeke doen het hy self uit getoets of ervaring van. Duik, met bote reis, vlieg ens.

Sy kennis van karre, vliegtuie en die wrakstukke van ou bote van onder die see kom duidelik na vore.

Volg hierdie link as julle meer van s boeke wil weet.

https://clive-cussler-books.com

Al sy boeke kan meestal, (hy het twee nie-fiksie boeke geskryf) in vyf reekse geplaas word.

Dirk Pitt reeks: Dirk werk vir die National Underwater and Marine Agency (NUMA). Hulle is gebasseer in Washington DC. Dit is hulle werk om die oseane te monitor, te verken, ondersoek en te beskerm. Gewoonlik as daar iets fout gaan of geheimsinnige gebeur vind plaas is Pitt die man wat jy bel. Saam werk hy en die mense by NUMA aan ʼn oplossing vol spanning en drama. My gunsteling boek was Atlantis Found.

Clive Cussler het in regte lewe NUMA geskep. Hulle is ʼn nie-regerings organisaie wat hulself beywer met die ekosisteem van die oseane.

Numa Files: Kurt Austin werk nes Dirk Pitt vir NUMA en moet ook soms redder vir die mensdom speel. Hy en sy vriend Joe Zavala bevind hulle soms in benoude situasies en meestal is daar ʼn aster wat gered moet word. My gunsteling boek was The Storm.

FARGO Adventures: Multi-miljoeners Sam en Remi Fargo lewe ʼn droom vir enigiemand in hul dertigs. Hulle bly in ʼn  kolossale groot huis by die see, hulle het ʼn klomp geld en reis die aardbol vol. Waar ook al hul hulself bevind raak hulle betrokke by die soektog na verlore skatte. Jy ken die resep. Iemand ander soek die skate vir ʼn slinkse komplot en die Fargo’s en hul bondgenote moet keer. My gunsteling boek was The Tombs.

Oregon Files:Dit gaan oor ʼn boot met die naam Oregon. Dit is een van die meesgevorderste oorlog bote wat oor die oseane reis. Die boot word vermom as ʼn ou stoomskip. Al sy inwoners wat ʼn militêre agtergrond het vorm deel van ʼn private militêre groep genaamd, ‘The Corporation’ en hulle word gelei deur die ou CIA-man Juan Cabrillo. Saam het hulle baie hoogsgeheime take om te doen wat niemand anders kan doen nie. Elke inwoner het sy rol wat hy speel bv.

  • ingineer
  • Lood
  • Kok
  • Wapen kenner
  • Dokter
  • Beplanners
  • Strategici
  • IT-kenners
  • ‘mechanic’
  • Duiker
  • Soldate
  • Skerpskutter
  • skoonmakers
  • verkenners

Bitter min mense weet van hulle bestaan. Hulle vaar op die see onder ʼn Iranese vlag. Niemand is agterdogtig oor ʼn ou stoomskip nie. My gunsteling boek was Plague Ship.

 Isaac Bell:Isaac Bell is ʼn speurder vir die Van Dorn Speuragentskap. Die boeke speel af in die begin jare van die twintigste eeu. Die tegologie uit daardie era is bietjie voor hul tyd bv. vlieënde karre.  Bell kry te doen met baie skurke soos die Mafia-base onder andere. Hierdie reeks bestaan maar net uit dood gewone speur verhale. My gunsteling boek was The Bootlegger.

Hopelik kry ek julle aan die lees. Praat weer. Clive se nuwe boek wag vir my…

Lag n slag

 

Hou jy van lag? Lag jy ooit? Ons almal hou van lag. Party mense lag meer as ander. Party mense lag nooit fisies nie. Party lag net vir hulself.

Lag is goed vir jou.

  • Dit vernietig jou stres hormone
  • Dit versterk jou imuunstelsel
  • Lag brand kalorieë & beskerm jou hart
  • Lag maak jou emosioneel ligter
  • Lag ontspan jou lyf

Daar is ʼn paar maniere om te lag.

Sien- Kyk ʼn snaakse Youtube-video van iemand wat pranks doen wat skeefloop.

Hoor- Luister na ʼn Radio Raps of ʼn Trevor Noah storie. Dit sal enigeen laat lag.

Lees- Daar was nog net twee skrywers wat my laat lag het. Hulle sê mos skrywers moet skryf wat hulle weet. Glo my, hierdie twee kry dit reg. Die leser se aandag bly met wat voor hom staan. Dis volgens my onmoontlik om nie te lag as jy hierdie boeke verslint nie.

Skrywer: John van de Ruit

Spud

Spud: The Madness Continues

Learning to Fly

Exit, Purued by a Bear

Hierdie vier boeke het uit die pen van John van de Ruit gekom. Dit handel oor John ‘Spud’ Milton, ʼn “boykie” van die Bluff wat ʼn beurs na ʼn ryk privaat  skool gewen het. Hierdie vier boeke dek vier jaar se skoolganery. Vandat hy by die skool begin tot hy daar uitstap. Dit is ʼn reis van grootword wat jy saam met die hoofkarakter stap.

Verloor jouself in hierdie temas.

  • Klaskaskenades
  • Krieket-toere
  • groeipyne
  • Kattekwaad
  • skooldinge en -gebeure
  • vakansiestories
  • Koshuis-mannewales
  • Muisneste
  • Familie-dinge
  • Konserte
  • Spookstories

Van de Ruit se skryfstyl is humoristies en gemaklik. Dit is in die vorm van Dagboek inskrywings. Die verhale speel in die begin 90s af.

Werklike gebeure word saam gevoeg.

  • Nelson Mandela word vrygelaat
  • ANC en IFP baklei
  • River Phoenix sterf
  • Suid-Afrika speel sy eerstekrieket wedstryd sedert hertoelating teen Indië

Spud bevind homself saam ʼn paar wilde kamermaats en hulle noem hulself die ‘Crazy8’. Hulle is van die hoof karakters wat Spud in sy dagboek beskryf

  • Daar is Boggo wat hou van Dobbel en bloufoto’s
  • Daar is Gecko wat elke siekte onderlede gehad het
  • Daar is Simon die krieketspeler
  • Rambo, die leier. Hy het selfs ʼn skelm verhouding met hulle koshuismeester se vrou
  • Mad Dog. Hy hou van jag en mense intimideer
  • Daar is Fatty wat van Kos en spookstories hou
  • Daar is Vern, wat sommer al die eerste kwartaal weg hardloop van die skool af
  • Roger, die kat (van die tweede boek)
  • Garlic- Van Malawi

Dan kom daar nog by

  • Die koshuisvader, Mnr.Wilson, wie se bynaam ‘Sparerib’ is
  • ‘The Guv’ die Engelse onnie
  • Luthuli-die koshuifhoofseun
  • Mnr. en Mev. Milton-sy ouers
  • Wombat-sy ouma wat so ʼn bietjie deur mekaar is
  • Mermaid & Amanda-sy eks-meisies
  • Blacky die hond

Verlang na jou tiener lewe of geniet jy net n lekker boek. Kry dit!

James Hendry

Droom jy ooit van ʼn lewe by ʼn luukse Lodge in die middel van die Bosveld. Of jy nou daar werk of vakansie hou? James Hendry bied vir ons ʼn komiese blik in die lewens van die mense van die bos.

A Year in the Wild

Back to the Bush

Hierdie is die boeke wat julle moet koop. Maak jou reg om jouself pap te lag. Elke keer as ek bos toe gaan, lees ek hierdie ouens, net om in die ‘mood’ te kom.

Maak jou reg vir:

  • Eksentrieke toeriste
  • Komiese gebeure onder die personeel
  • Leefwyses van gaste en die personeel
  • Dinge wat skeef loop
  • Verhoudinge wat vorm
  • Unieke Werknemers
  • Asemrowende natuurtonele

Die hoofkarakters is die sarkastieste, bitter Angus, ʼn veldwagter en die joviale Hugh MacNaughton, ʼn hotelbestuurder wat vir ʼn jaar by Sasekile, ʼn privaat natuurreservaat gaan werk. Hierdie broers hou nie van mekaar nie, so verwag wrywing.

Dan is daar

  • PJ- ddie bestuurder
  • Julia- hulle suster
  • The Major- hul seniele oupa
  • Hul ouers
  • Anton Muller- die hofveeldwagter wat dink hy weet alles
  • O’Reilly- die Ierse Kok
  • Melissa- ontvangsdame
  • Jenny, Amber, Simone, Anna, September- kampbestuurders
  • Jeff- Angus se buurman en hoof irritasie
  • Elvis Sithole- Grondbestuurder
  • Carey, Jamie, Sipho, Allistair, Duncan- veldwagters

Weekliks stuur hulle vir hul suster ʼn epos en daarin vertel hulle haar wat alles daardie week by die Lodge gebeur het. En dit is waar die komedie gebeur. Veral die Angus karakter se e-poste is skerp en propvol stories.

Back To The Bush aan die ander kant is in die vorm van ʼn weeklikse dagboek inskrywing van die MacNaughton’s se tweede jaar in die bos. Dit kom alles uit Angus se pen uit.

In die twee jaar het die broers baie gegroei en die Lodge is anders as aan die begin, maar die sports hou net nie op nie.

Kry hierdie boeke. Julle sal my nog bedank.

Au Revoir!

Hoekom nie SA?

ʼn Mens hoor baie keerdie woord ‘Globalisering’. Vir die van julle wat nie weet wat hierdie smart woord beteken nie hier is dit:

Volgens oom Google beteken dit dat “Globalisering is die proses van internasionale integrasie voortspruitend uit die interaksie en uitruiling van wêreldbeskouinge, produkte, idees en gemeenskaplike deling van mekaar se kulture.”

Nogal ʼn mond vol. En ek wed party verstaan nog steeds nie. Basies beteken dit dat een idea of produk  reg oor die aardbol verspreid raak en in aanvraag kom.

Dink aan Coke. Reg oor die aarde sal jy die naam en produk kry Coca-Cola kry. En almal sal dit ken. Net soos McDonalds, KFC, Levi, Toyota ens.

Al is SA ʼn derde wêreld land het ons ook daardie buitelandse invloed of dit nou by ons kos, musiek, klere, tegnologie ens is. Baie dele van ons bestaan word beinvloed uit die buiteland.

Hier is ʼn paar oorsese dinge wat ek nooit kon verstaan hoekom dit nooit hier posvat nie.

  • Ken jy lekker warm appeltert met roomys? In Amerika noem hulle dit mos Apple Pie. Daar kry jy ook Cherrie Pie of Blueberry Pie. Hoekom kry ons dit nie in SA nie? Ons maak dan enige ding wat uit die buiteland kom? Ficksburg in die Vrystaat hou mos elke jaar n Kersiefees. Probleem opgelos.
  • Die Yanks eet kalkoen. Veral met Thanksgiving en Kersfees. Die Britte eet gans of fisant. Hoekom eet ons dit nie ook op grootskaal nie? Dink net hoe gewild gaan dit wees onder ons mense wat hou van braai of wat in groot families bly? As ons op grootskaal met volstruise kan boer, kan ons seker met hierdie pluimvee ook. Of vang n tarentaal langs die pad? Dink net aan hoe opkomende boere gehelp kan word met hierdie nisboerdedry. Ons kan dit in ʼn grootskaalse boerdery ontwikkel.
  • Ons het so baie skool rugby spelers wat verlore gaan na matriek. Hulle sluit nie professionele kontrakte met unies of universiteite nie. Hulle gaan oorsee of hou net op met die spel. Hoekom word hulle nie aangemoedig om rugbyliga te speel nie? Dertien man rugby. In NZ, Engeland en Australië is hierdie sport baie gewild. Hiermee word ʼn nuwe sport ontwikkel en rugbyspelers kry ʼn tweede kans vir ʼn beroepsport.
  • Die mense in die stede bly anders as oorsee se stedelike mense.  Hoekom bou ons nie meer woonstelblokke met ‘apartments’ nie. Dink aan Friends of The Big Bang Theory. Sal dit nie ons behuising krisis oplos nie?

 

Dink ʼn bietjie hier aan…

Om te begin lees…

Lees jy?

Mense lees al hoe minder deesdae.

  • Ons is almal vasgenael aan ons fone
  • Ons kan net ʼn aantal woorde per minuut lees
  • Ons Konsentrasie is laag
  • Ons is haastig om klaar te kry
  • Ons Taalvaardighede verswak

Daarvoor is dit ouers se verantwoordlikheid dat hul kinders so veel as moontlik lees. In Afrikaans en in Engels. Hier van Gr4 af, nadat hulle drie jaar lank al ordentlik leer lees het gee vir hulle ʼn boek en beveel hulle om te lees. Vra hulle uit om te sien hoe hulle vorder.

Ek stel voor jy gee vir hulle ʼn  reeks om te lees. Daar bly die karakters dieselfde en soms is daar ʼn klein ontwikkeling wat wel plaas vind, maar nie te groot om hulle deurmekaar te maak nie.

Kyk vir die volgende reekse

Afrikaans

Trompie-reeks deur Topsy Smit

Kom ervaar die avonture van Trompie en sy maats, Blikkies, Dawie, Rooie en Boesman die Brak. Kwaggaberg se berugte Boksombende.

Saartjie-reeks deur Betty Naude

Die vroulike weergawe van Trompie. Saam met haar vriende noem hulle hulself die 3 muskiete en beland in avonture.

Dieselfde skrywer wat Trompie geskep het was verantwoordelik vir Saartjie se ontstaan!

Frits Deelman deur Leon Rousseau

Frits Deelman is SA se superspioen wat elke skurk wat SA bedreig laat les opsê.

Die Uile deur Cor Dirks

Die Uile is ʼn bende van 4 maats van ʼn kosskool in Kranskop in Mpumalanga wat altyd perongeluk by avonture teen hul sin betrokke raak.

Jaco Jacob –boeke

Harry Potter reeks-deur JK Rowling

Sodra hulle Engels onder die knie kry gee vir hulle die volgende skrywers of reekse

Engels

Michael Morpurgo –boeke

Hardy Boys gaan oor Frank en Joe Hardy wat saam met hul vriende geheime moet oplos en skelms moet vastrek. Nancy Drew is ʼn vroulike weergawe daarvan.

Famous Five deur Enid Blyton.

Dit handel oor  vier neefs en niggies wat saam met hul hond in avonture beland.

Mallory Towers-reeks

Dit handel oor meisies wat na ʼn kosskool toe gaan en alles wat daar gebeur.

Begin met hierdie boeke. In ʼn volgende post gee ek nog raad. Ek sal self boeke voorskryf vir ouer gardes. Ons gaan ons kinders aan die lees kry.

SA Rugby spelers speel vir ander lande

Suid-Afrikaners speel net vir die Bokke? Watwou!

Elke rugby speler in ons land droom daarvan om die Groen-en-Goud aan te trek. Van klein laatjies wat al Bulletjie rugby speel tot ou ooms wat nog klubrugby speel.

Daardie trui is nie vir almal beskore nie. Huidiglik was daar nog net 911 manne wat die Bok trui oor hul skouers kon trek. Net 911 spelers wat die Senior vyftiental kon verteenwoordig.

Intussen is daar baie spelers vort oorsee om hul heil te gaan soek. SA se rugby spelers is oral in aanvraag. As jy by professionele spanne se Wikipedia-blad gaan kyk is die kans groot jy kry ʼn Suid-Afrikaner op hul boeke. Meeste spelers word uit SA gelok in die hoop om vir die nasionale span van jou aangenome land te speel.

Om dit te doen is daar twee maniere.

  1. Jy bly vir 3 (in 2020 is dit 5) jaar op ʼn plek.
  2. Burgerskap d.m.v jou ouers of grootouers

Hierdie post wys vir julle ongeveer watter spelers van SA het ʼn internasionale wedstryd vir sy aangenome land gespeel. Dit is slegs rugby union (vyftienman).

Die name van die spelers is nie alfabeties nie. As julle meer wil weet van ons spelers, GOOGLE so bietjie.

Australië

  • Clyde Rathbone
  • Dane Haylet-Petty
  • Tiaan Strauss
  • Dan Vickerman

Brasil

  • Devon Muller
  • De Wet van Niekerk

Duitsland

  • Jarrid Els
  • Marcell Coetzee
  • Ayron Schramm
  • Marcell Henn
  • Hendrik van der Merwe
  • Jaco Otto
  • Kurt Haupt
  • Dasch Barber
  • Michael Popmeier
  • Raynor Parkinson
  • Wynston Cameron-Dow
  • Sebastian Ferreira
  • Justin Melck
  • Nikola Klewinghaus

Engeland

  • Matt Stevens
  • Mouritz Botha
  • Geoff Appleford
  • Brian Black
  • Nicholas Labuschagne (Pat Lambie se oupa)
  • Brad Barrit
  • Frank Mellish (Hy het vir die Bokke ook uitgedraf)
  • Mike Catt
  • Michael Horak
  • Stuart Abbott
  • Hendre Fourie

Frankryk

  • Pieter de Villiers
  • Dan Kotze
  • Bernard Le Roux
  • Antonie Claassen (Sy pa Wynand was ʼn Bok Kaptein)
  • Brian Liebenberg
  • Scott Spedding
  • Rory Kockott

Hong Kong

  • Grant Kemp
  • Matt Roslee
  • Henjo van Niekerk

Ierland

  • Robbie Diack
  • Rob Herring
  • Quinn Roux
  • CJ Stander
  • Richardt Strauss
  • Dion O’Cuinneagain

Israel

  • Ori Abutbul
  • Jayson Ferreira
  • Jared Sichel

Italië

  • Jaco Erasmus
  • Corniel van Zyl
  • Carlo del Vava
  • Quintin Geldenhuys
  • Braam Steyn
  • Johan Meyer
  • Dries van Schalkwyk
  • Tobie Botes
  • Dario Chistolini

Japan

  • Wimpie van der Walt
  • Kotaro Matsushima

Kanada

  • DHT van der Merwe
  • Guiseppe du Toit

Portugal

  • José Rodrigues
  • Jacques le Roux

Romania

  • Johannes van Heerden
  • Jody Rose
  • Randall Morrison

Nieu-Seeland

  • Andrew Merthens
  • Greg Rawlinson

Skotland

  • Allan Dell
  • Cornell du Preez
  • Tyronne Holmes
  • Josh Strauss
  • WP Nel
  • Greig Tonks

Verenigde State van Amerika

  • Paul Eloff
  • JP Eloff
  • Cornelius Dirksen
  • Juan Grobler
  • Niku Kruger
  • Francois Viljoen (in SA grootgeword en skoolgegaan)
  • Jurie Gouws
  • Owen Lentz
  • Riaan van Zyl
  • JJ Gagiano
  • Shaun Davies
  • Andre Blom
  • Hanco Germishuys
  • Rubuen de Haas

Wallis

  • Andries Pretorius

Baie ander lande soos die VAE en Botswana is propvol met spelers met SA bande. Dit gaan net meer word. Soos rugby regoor die heelal groei, so sal die aanvraag na SA spelers.

Cheers

My sewes droom

Hoe gaan daardie liedjie?

Ek sou kon doen met ʼn miljoen

Ja, ek stem saam met wyle oom Lukas Maree. Ek sou ook kon doen met ʼn miljoen. Maar deesdae is ʼn miljoen nie veel werd nie. Dit hou nie lank nie. Jy weet mos; e-toll, 15% belasting, mediese kostes, kos, krag, water, WiFI, DSTV, petrol, Showmax! Jy moet vir al daardie goed betaal.

Of eintlik is ʼn miloen deesdae niks nie. Mens kort ʼn Biljoen.

As ek soveel geld het dan koop ek vir my die volgende:

  • ʼn Wildplaas wat aan die see grens
  • ʼn Woonstel in Londen of New York
  • ʼn Ranch in Texas
  • ʼn Karibiese eiland
  • ʼn Reis reg om die aardbol
  • UBER & Apple aandele
  • My eie straler waarmee ek oral kan rondrits
  • My eie Engelse Premiersliga sokkerspan

Dan het ek my meesterklas-bakgat-fenomenale idee. Ek begin my eie skatryk 7 sewesrugby liga. Ons noem dit sommer die ‘Clash-for-Cash-liga.’

Ons almal weet sewe aan ʼn kant rugby is super gewild. Op skool, provinsiale en internasionale vlak. Ons eie Blitzbokke is een van die beste spanne wat daar is.

Ons almal weet die IPL in Indië het twintig-twintig krieket met een groot BANG op die wêreld verhoog gesit. Dit is uiters gewild en jaar na jaar styg sy gewildheid. Groot geld word aan die spelers betaal en nog meer geld word uit borge, uitsaairegte en kaartjiesverkope gegenereer.

Elke span het ʼn eienaar en hy bestuur die brand van die span.

Elke span word privaat besit, maar spelers van verskillende lande vorm ʼn span. Kan jy jouself in dink? Saebelo Senatla en Sonny Bill Williams in ʼn span. Hulle speel teen Israel Folau en Perry Baker.

Kan jy die skouspel indink? Hoe dit mense sal lok. En jy vat die rugbyfees na verskillende plekke op die aardbol.

  • Tokyo
  • Londen
  • New York
  • Barcelona
  • Vic Falls
  • Cairo
  • Rio
  • Kaapstad
  • Switserland
  • Hawaii
  • New Delhi
  • Moscow
  • Beijing
  • Miami
  • Rome

Dit is groot toeriste aantrekkingsplekke en mense sal van ver af kom om te kom kyk. Dis ʼn sportgebeurtenis wat klein kan begin en dan groei na ʼn groot gebeurtenis soos Tour de France

Hiers nog ʼn paar dinge wat ek wil noem

  • Nes die IPL vind dit plaas oor ʼn kort tydperk van 4-5 weke
  • 8 spanne neem deel
  • Elke span het dieselfde bedrag om spelers te kontrakteer
  • Die byeenkoms is ʼn Wêreldrugby geakkretiteerde toernooi
  • Twee dae per plek, vier -vyfdae tussen in as rus tydperk
  • Vind plaas Junie maand. Dan is die Europese seisoen verby en Super Rugby spanne se spelers sal nie almal gekies word vir nasionale diens nie.
  • Goeie betaling- in Dollars
  • Daar moet ʼn kwota van vier spelers van ontwikkelende rugby lande soos Chile en Vanuatu wees. Om die spel te laat groei.
  • ʼn squad van 18-20, nie 13 soos deesdae nie
  • A.g.v die uitsaai regte sal rugby wêreldwyd meer blootstelling kry. Huidiglike is SA en Fiji die twee topsspanne, maar oor ʼn dekade of drie kan dit dalk anders wees. Sri Lanka of Gambia kan dalk met loudere wegstap a.g.v. die goeie publisiteit en blootstelling.

Dis die droom…

Watter boekwinkel om by te ‘shop?’

 

As ʼn man wat al jare lank boeke koop en vining deurlees sodat hy nog moet koop is daar die groot keuse wat hy moet maak: Waar koop hy sy boeke? Exclusive Books of Bargain Books?

Reg oor die land sal jy hierdie twee kettingwinkels meestal by elke groot Mall kry. Die een of die ander. Of selfs op party plekke sal jy albei kry soos by die Liberty Midlands Mall in Pietermaritzburg in KZN.

Mense vra my baie keer watter een van die tipe boekwinkels sal ek verkies en dan vergelyk ek die twee graag met karre.Exclusive Books is ʼn 2017 Mercedes model en Bargain Books ʼn 2001 model. Die een is meer nuut, luuks en trendy as die ouer model.

Hierdie volgende aspekte hou ek ingedagte as ek moet kies.

Exclusive Books

  • Duurder boeke. Veral die wat pas uitgekom het.
  • Nuwe of herdrukte boeke
  • Daar is meer boekopsies. Bv. Tydskrife, autobiografieë, boeke oor geloof, geskiedenis, kinderboeke ens.
  • Elke winkel het baie spasie om in te beweeg.
  • Trendy.As jy daar instap jeuk jou vingers om die boeke te verken.
  • Die Vibe skree BOEKWINKEL
  • Flashy
  • Daar is selfs ʼn koffie winkel genaamd FEGO langsaan. Daardie reuk van vars koffie is baie aanlokkend
  • Verkoop ander produkte soos sleutelhouers en speelgoed
  • Baie sitplek vir klante om te sit en lees
  • Hulpvaardige personeel

Bargain Books

  • Goedkoper boeke. Party boeke is soms R100-R200 goedkoper as by Exclusive Books
  • Hulpvaardige personeel
  • Verkoop meer Afrikaanse boeke
  • Laer Pryse maak dat jy baie boeke sal koop
  • Ouer boeke wat jare terug gedruk is is te koop
  • Meer boeke per skrywer. Exclusive sal net ʼn paar per skrywer as te koop aanbied
  • Bargain Books laat ʼn ou baie dink aan die outydse boekwinkels by die see waar jy ure kon spandeer om n skat te ontdek

Dis ʼn moeilike keuse om te maak, maar ek sal Bargain Books kies. Jy kan maar net so wel met meer boeke daar wegstap as wat jy by Exclusive Books sou.

Vaarwel

Amazon of Takealot?

 

Suid-Afrikaners vra hulself baie keer: Ballito of Hartenbos? Pizza met of sonder pynappel? Die Blou Bulle of die WP? Netwerk24 of Maroela Media? Dan is daar nog een: Takealot of Amazon.

My opinie is die volgende. Albei het voordele en nadele. Dit hang af van mens tot mens. Kom ons loer!

Takealot

Voordele

  • Dit is plaaslik geleë.
  • Produkte bereik jou meestal binne ʼn dag of wat.
  • Min invoertariewe

Nadele

  • Soms raak dit beskadig
  • Soms neem dit ʼn ruk om by jou uit te kom
  • ‘Graphics’ op die webwerf is nie altyd so lekker nie

Amazon

Voordele

  • Opsies is onbeperk. Dink aan ʼn TV reeks wat jy gekyk het jare gelede en jy kry dit nie hierso in SA nie, ek wed jou jy sal dit kry op Amazon. Soos met my: Third Rock of The Sun, Grounded For Life ens. Op DVD. Anders ‘stroom’ jy dit regstreeks van Amazon Prime af, sy eie weergawe van Netflix.
  • Daar is ʼn groter verskeidenheid produkte as by Takealot.
  • As jy van e-boeke hou gaan kyk. Daar ontdek jy nuwe skrywers en die keuses is onbeperk.
  • As jou Tablet/ e-book/ Kindle gekonnekteer is aan jou Amazon rekening behoort boeke, TV reekse en speletjies dadelik by jou uit te kom.
  • Graphics is goed op die webwerf.
  • Jy kan op die rekenaar ‘Track’ waar die produkte is

Nadele

  • Nie alles kan SA toe gestuur word nie
  • Pakkies raak weg of beskadig
  • Prysig! Onthou jy betaal in Dollar.
  • Pakkies vat lank om by jou uit te kom.
  • Hoë invoerkostes

Ek hoop ek kon my medemens bietjie touwys en raad gee…

Cheers